

Phisantekraal Slaghuis
Die Phisantekraal Slaghuis is die nuutste vertakking van die Phisantekraal Boerdery.
Vanaf Junie 2010 is die nodige lisensies aan die Boerdery toegeken.
Die ontstaan van die Slaghuis het begin met ‘n droom om die voorvader se boerewors resep te laat herleef.
Phisantekraal slaghuis en die fiets
Mnr. George Erhard Hendriksz het skool verlaat tydens, soos dit in daardie jare bekend was as standerd twee. Tesame met sy ma het hy onder ‘n boom ‘n koei geslag, die vleis verwerk en verkoop. Só het hy vorentoe ‘n baie suksesvolle besigheid opgebou. Later jare het die Hendriksz-slaghuis bedryf homself stewig in Stellenbosch gevestig. Hier is vleis produkte te fiets aan die publiek verskaf.
‘n Groot verskeidenheid vleis produkte word verwerk en aan die publiek verskaf. Ons slaghuis is oop van Maandae tot Vrydae 8h00 tot 17h00, elke Saterdag 8h00 tot 13h00 en gesluit op publieke vakansie dae.
Indien u sukkel om deur te kom op ons landlyn, skakel gerus die kantoor se selfoon nommer op 078 791 3370.