

Phisantekraal Boerdery
Phisantekraal Plaas behoort al meer as 100 jaar aan die Louw-familie.
Die hoofvertakking is wingerd en wyndruiwe verbouing. Die druiwe word aan verskeie kelders gelewer, hoofsaaklik Spier en DGB kelders.
Kleingraan soos hawer en korog word gesaai. Die hawerhooi word bemark vir perdevoer en korog word weer gesaai vir wingerdbemesting.
Op die plaas word geteel met die SA Vleismerino vir die vleis. Skape word geslag en goedgekeur deur ‘n geakkrediteerde slagpale en daarna word die vleis verwerk en via Phisantekraal Slaghuis aan die publiek verskaf.
Spekulasie bees maak ook deel uit van die vee vertakking. Bees word aangekoop, afgerond en weer verkoop.
Die Phisantekraal dam is ‘n aanwins vir die plaas. Die water voed ongeveer 46 hektaar grond vir besproeiing. Visvangkompetisies, lewensredding opleiding en 2 en 3-kamp kompetisies maak deel uit van die jaarlikse gebeure op die plaas.
Die Phisantekraal Slaghuis is die nuutste vertakking van die Boerdery. Lees meer HIER oor die slaghuis.